Boek: Bokke se kombuis: Vier die liefde vir kos, familie en rugby

Duane Heath

Ten bate van die Chris Burger-Petro Jackson-spelersfonds

Bokke se Kombuis is ’n visuele feesviering van Suid-Afrikaners se liefde vir kos en rugby, aangebied in die gunsteling-resepte van 40 voormalige en huidige Springbok Rugby-legendes. Van die mees beroemde manne om die groen-en-goud te dra, het hul truie vir voorskote verruil – waaronder John Smit, Kobus Wiese, Victor Matfield, Wynand Claassen, Fourie du Preez, Jan ‘Boland’ Coetzee, Bryan Habana, Chester Williams, Morné du Plessis en Bakkies Botha – om hul liefde vir kos te onthul. Bokke se Kombuis neem jou weg van die rugbyveld en die fel lig van telivisiekameras, tot in die spelers se huise en harte, en verf ’n intieme skildery van die rol  wat kos in hul private lewens speel. Bokke se Kombuis gaan egter nie net oor resepte of ons rugby-helde nie – dit is ’n unieke Suid-Afrikaanse storie oor hoe kos  ou rugby-vriende en algehele vreemdelinge byeenbring om braais, skottels en kombuistafels dwarsdeur ons pragtige land.

Oor die outeur

Duane Heath is ’n sportjoernalis wat in Kaapstad gebaseer is. Sy skryfwerk oor rugby kan in onder meer die bladsye van The Sunday Times en Rugby World-tydskrif gevind word. Hy is ’n sport-korrespondent vir die Reuters-nuusagetskap en is die redakteur van een van die puikste jaarboeke in wêreldrugby, die SA Rugby Jaarboek, wat al voorheen die ‘bybel’ van die Suid-Afrikaanse spel genoem is. Hy werk ook as media-konsultant vir die Chris Burger-Petro Jackson-spelersfonds. Geïnspireer deur sy broer se liefde vir skryf, het Warren Heath in 1994 vir ’n fotografie-kursus in Durban ingeskryf. Sedert hy in 1998 na Kaapstad verhuis het, het hy een van Suid-Afrika se beste kos-, binne-ontwerp- en leefstyl-fotograwe geword, en sy naam verskyn in etlike tydskrifte, waaronder die British Elle Decoration, Living Etc, Australian Real Living, sowel as in die bladsye van agt boeke.

Outeursgeld wat met die verkoop van hierdie boek ingesamel word, gaan aan die Chris Burger-Petro Jackson-Spelersfonds. Dié fonds het twee doelwitte: om aan slagoffers van katastrofiese rugby-beserings hulp en bystand te verleen, en om opvoeding en bewustheid rondom rugby-beserings te bevorder.

Uitgewer: Random House Struik
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Lyk lekker, maar ek hoop net nie John Smit het die pap op die grond in die kombuis laat val soos hy die bal op die speelveld laat val het nie!

Anoniem ·

haha!! Ek stem L_Z.

Tog is hierdie boek ‘n wenner onder die manne. Ek het ‘n teorie dat dit elke jaar moeiliker word om vir ‘n man ‘n geskenk te koop…tot ek hierdie boek raak geloop het. Ek het sommer 3 gekoop (een vir my kerel, een vir my pa en een vir my broer) omdat dit so ‘n lekker geskenk is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.