Bottel en gebruik

Hannetjie Joubert

Bottel en gebruik wys jou hoe om met ’n groot verskeidenheid bestanddele – sommige dalk onbekend of eksoties – watertandlekker ingelegde produkte soos konfyte, smere, souse, marmelades, blatjang en vele meer in ’n japtrap te maak!

Die versameling resepte in Bottel en gebruik maak jou bewus van die verskeidenheid produkte wat gepreserveer kan word en die nuttige opdienvoorstelle help om die resepte in heerlike disse of bygeregte te omskep. Maak dié jaar heerlike tuisgemaakte Kersgeskenke vir iemand spesiaals!

Die afdelings in Bottel en gebruik bied iets vir almal en sluit in:
• Konfyt
• Marmelade
• Konserf of heelkonfyt
• Jellie
• Ingelegde vrugte
• Vrugte in alkohol
• Vrugtekompot
• Vrugtesmeer en –botter
• Nageregsouse en stroop
• Likeurs en drankies
• Piekels, souse, pikante marmelade, salsa en tapenade
• Groente in olie ingemaak
• Blatjang
• Marinade
• Bottelsvol geskenke

Klik hier vir ‘n heerlike resep uit die boek.

Oor die outeur:
Hannetjie Joubert is ’n bekende in kosmaak-kringe. Sy is in die negentiger jare as die Vleisraad se Braai-koningin gekroon, die eerste vrou wat hierdie gesogte prys gewen het, en daarna het sy ook etlike braaikompetisies gewen. Sy bestuur tans haar eie spyseniersbesigheid waarvandaan sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Haar eerste boek, Braaitreffers, is in 2008 deur LAPA uitgegee.

Uitgewer: Lapa
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Bottel en gebruik is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad: www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.