Brei 10 uit 10 saam met die vrouekeur-reeks

deur Christa Swanepoel

Met die resessie in volle swang en handewerk se groeiende gewildheid, stel LAPA in samewerking met Vrouekeur ‘n bekostigbare reeks breiboekies bekend. Die reeks bestaan uit 10 boekies van 10 patrone elk in ‘n spesifieke tema.

Brei saam met Vrouekeur bied handige wenke en inligting soos algemene benodigdhede, hoe om steke met die duimmetode op te stel, naaldgroottes en afkortings. Al die patrone is met Saprotex-breidraad geberei en is landwyd beskikbaar. Van Vrouekeur se gewildste patrone is in die boekies opgeneem, maar die meerderheid is splinternuut.

Beslis ‘n breibononza vir die ywerige breier.

Die tien boekies in die reeks is:
1. Sjaals en serpe
2. Babatruie
3. Manstruie
4. Musse
5. Meisietruie

Die volgende vyf sal Augustus verskyn:
6. Huis en dekor
7. Babakomberse
8. Bykomstighede
9. Seuntjietruie
10. Vrouetruie

Oor die Outeur:

Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoofsubredakteur en gesondheidsskrywer, ma van vier volwasse kinders en twee kleinkinders en ook predikantsvrou in Pretoria. Met soveel ysters in die vuur span sy met hierdie boekies haar stokperdjie in wat sy vir ontspanning beoefen om ander te begeester om ook die breipenne op te neem en kreatief te raak.

Uitgewer: LAPA uitgewers
prys: R60-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

shirley van der merwe ·

By ons het die boekies in Parys Vrystaat nog nie aan gekom nie. Ek wil weet as ek 5 van elke boekie bestel wat gaan my totale koste met posgeld en verpakking wees.

Groot asb
Shirley

Rita ·

Spesifiek waar in Pretoria, in watter winkel(s) is hierdie boekies beskikbaar, want ons het nou al op n hele paar plekke gekyk en vind dit nie.

Estelle ·

Waar in Bloemfontein kan ek die boekies koop? Wil dit graag vir my skoonmoeder koop.
Dankie!

ansi ·

kan julle dalk die babakombersie patroon email wat in Keur was van 3 Julie 2013. dankie

lorraine dobbins ·

waar in somerset wes kan ek die boekies kry of kan ek dit bestel?
dankie vir al die pragtige patrone

Sannie Barnard ·

Ek kon nie boekie nr 3 kry nie. Is daar n moontlikheid dat ek dit direk van julle kan bestel?

Cinie-Marie ·

Boekie no 5 kon ek by ‘n boekwinkel in Potchefstroom kry en het dadelik aan die brei begin. Eers het ek die een op die voorblad gebrei en nou die eerste patroon, “Vir tussenin dae.” Hiermee het ek egter ‘n probleem:
Op bladsy 11 is die instruksies om na die 2x2rif, rye 1-5 te brei (3e ry ‘n vermeerderings ry). Daarna staan daar:”Herh 3e tot 5e ry nog 18(….) keer tot vlg ste tussen merkers”: … Indien ek 3e tot 5e rye herhaal, gaan ek nie koussteek hê nie. Nou wil ek weet is die vermeerderings elke 2e ry of elke 4e ry? M.a.w. herhaal ek rye 2 tot 5 of 3 tot 4?

Nog iets: As ek die lyf brei voor die moue, hoe kry ek die moue op ‘n pen — reguit pen werk nie, sirkel pen is te lank….. Moet mens nie eers die moue werk en dan die lyf nie?

Dankie.

Mev . C. DU TOIT ·

Ek wil so graag die patrone van die meisietruitjies, seunstruitjies en babakomberse bestel. Is dit moontlik om dit aanlyn te bestel ?

lia de jong ·

Het julle enige breipatroon boekies vir popklere, bv baby born, waar beskikbaar, en pryse asb

Anita Spaumer ·

Ek stel baie belang om die boekies te bekom. Waar in Middelburg Tvl?

Baie dankie
Anita

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.