Briewe aan God

Patrick Doughtie en John Perry

Vir Tyler is God ’n vriend, leermeester en sy grootste penmaat. Hy hanteer sy siekte deur sy gebede in die vorm van briewe aan God te skryf en dit daagliks te pos. Wanneer Tyler al dodelik siek is, begin die posman Brady McDaniels die briewe lees en ontdek die krag van die seun se gesprekke met God.

Briewe aan God is geïnspireer deur die fliek Letters to God wat gebaseer is op die ware verhaal van die agt-jarige Tyler wat aan terminale breinkanker ly. Patrick Doughtie, Tyler se pa, het die roman saam met John Perry geskryf en dit in samewerking met David Nixon, mede-vervaardiger van Fireproof en Facing the Giants, verfilm.
Briewe aan God is ’n verhaal van lag, liefde en tri¬omf en benadruk die belangrikheid van ’n liefdevolle en ondersteunende gemeenskap en kerk-familie in tye van nood. Dit is ook ’n verhaal van hoop in alle omstandighede, die soort hoop wat gevind word in die eenvoudige, kinderlike vriendskap met God.

Oor die outeurs
Patrick Doughtie het al as koerantman, sanger en draaiboekskrywer gewerk. Hy was een van die jongste koerantbestuurders in Kalifornië voordat hy saam met een van sy broers na Nashville verhuis het om ’n loopbaan in musiek te volg. Hy het ook later ’n konstruksie-maatskappy in Nashville begin. Na Tyler se dood in 2005 het hy ’n kursus geneem om draaiboeke te leer skryf en sedertdien het hy al meer as vyf draaiboeke in verskillende genres geskryf.
John Perry het aan die Vanderbilt University en die University College, Oxford, studeer. Voordat hy sy loopbaan as skrywer in 1997 begin het, was hy ’n kopieskrywer en radio-vervaardiger. John het al 21 boeke as outeur, mede-outeur of spookskrywer gepubliseer, waaronder talle biografieë. Hy was al twee keer ’n Gold Medallion-finalis en is al genomineer vir die Lincoln Prize. Hy woon in Nashville.

Uitgewer: CUM
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.