Broers in die stryd

Chris Schoeman

Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 het ‘n groot aantal Hollanders en Hollandse uitgewekenes by die Boere aangesluit. Hul redes het gewissel van lojaliteit teenoor hul gemeenskaplike afkoms tot sterk anti-Britse gevoelens en ‘n soeke na avontuur.

Broers in die stryd vertel van hierdie vrywilligers se beproewings – die meeste van hulle was ongewoond aan Suid-Afrika se ruwe landskap en strawwe klimaat. Aanhalings en persoonlike staaltjies uit hul dagboeke en memoires skilder ‘n lewendige beeld van hul ontberings op kommando, die gedonder en chaos op die slagveld, en die trauma van kamerade wat rondom hulle sneuwel.

Van die bekende figure in die boek is Cornelius van Gogh, broer van die skilder Vincent van Gogh; Frans Oerder, wat die Transvaal se eerste amptelike oorlogskunstenaar geword het; Jochem van Bruggen, wat die gesogte Herzogprys vir Afrikaanse letterkunde vier keer gewen het; en ds. Herman van Broekhuizen, wat in 1896 vir Suid-Afrika rugby gespeel het en later as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Den Haag gedien het.

Broers in die stryd dek die hele spektrum van die Hollanders se rolle as soldate aan die verskillende gevegsfronte, ambulanspersoneel en militêre attachés, en hul lewe in oorsese krygsgevangenekampe.

Oor die outeur:
Chris Schoeman is in Somerset-Oos gebore en het meestersgrade in geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth en Colorado State University verwerf. Hy is ‘n historikus en joernalis, en is die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke, onder meer District Six: The Spirit of Kanala, asook die outobiografieë van die Springbokhelde Danie Gerber, Frik du Preez en Os du Randt. Sy jongste boeke sluit in Slow Death: Memoires of a Cricket Umpire (met Rudi Koertzen), The Number 10s: South Africa’s Finest Flyhalves, 1891 – 2010 en Boerseun: Memoires van ‘n Anglo-Boereoorlogseun.

Om uittreksels uit dié boek te lees, klik hier, hier, en hier.

Uitgewer: RandomHouseStruik
Prys: R230-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.