Christine Le Roux Omnibus 3

Christine le Roux

Die ontbrekende helfte: Yvette Faure word deur ’n agentskap as sekretaresse gestuur na die verstrooide professor Rabe se huis.
Liefde uit die stormnag: ’n Kunstenares soek skuiling in ’n hewige sneeustorm en is dae lank vasgekeer saam met ’n skatryk Kanadese nyweraar. Die gerieflikheidshuwelik wat hierop volg, maak haar die teiken van ontvoerders.
Teësinnige erfgenaam: Wanneer die 28-jarige Melissa van Eeden na haar afgesonderde grootwordjare skielik ontdek dat sy die erfgenaam is van ’n skatryk man, weet sy nie hoe om haar nuutgevonde vryheid te hanteer nie.

Oor die outeur
Christine le Roux is die skuilnaam van die bekende skrywer Eleanor Baker. Ander Christine le Roux-boeke wat by Human & Rousseau verskyn het, sluit in: Die glasappel; Kwessie van tegniek; Bewys van liefde; Die blou uur, Geskenk uit die hemel en Tweede beste.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.