Christine le Roux – omnibus 5

deur Christine le Roux

‘n Wêreld sonder hom: Nicoline is 30, maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Wanneer sy egter haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ‘n wending.

‘n Kwessie van tegniek: Alicia bevind haar op ‘n klein karoodorpie as draaiboekskrywer van ‘n fliek. Daar ontdek sy tot haar skok dat André Rosner die hoofrol speel – die einste arrogante akteur wat sy in sy peetjie gestuur het tydens ‘n onderhoud.

Bewys van liefde:‘n Bekwame jong fisioterapeut sien hoe haar vriend se broer in selfbejammering verval en ‘n kluisenaar word ná ‘n ongeluk waarin hy verlam is. Sy besluit die enigste manier om hom uit sy neerslagtigheid te skok, is met ‘n goeie dosis eerlikheid. Sy hou egter nie rekening met die onvoorspelbaarheid van haar hart en die liefde nie.

Oor die outeur:
Christine le Roux is die skuilnaam van die bekende skrywer Eleanor Baker. Ander Christine le Roux-boek wat by Human & Rousseau verskyn het, sluit in Die glasappel, Bewys van liefde, Die blou uur, Geskenk uit die hemel en Tweede beste.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R199-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.