Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril

Chris Marnewick

Clarence Gordon van Buuren is in 1957 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Hy hy tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes. Daar was beweer dat ‘n siener die lyk na ‘n seance opgespoor het. Daar was aanduidings van ‘n seksuele verhouding tussen Van Buuren en Aken. En daar was seksuele verminking van die lyk.
Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor.
Die getuienis wat in die hof gelei is, is net die punt van die ysberg. Die polisiedossier vertel veel meer. Inligting dui daarop dat Van Buuren ‘n narsissistiese psigopaat was en ‘n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. ‘n Emosionele vampier. ‘n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.
Die saakrekord het op al die plekke waar dit bewaar moes word verdwyn – die hof, die Appèlhof, die Prokureur-Generaal se kantoor en die provinsiale argiewe. Die outeur het dit by die nasionale argief opgespoor in 2010 nadat dit vir meer as 60 jaar uit die oog was. Dit moes eintlik lankal vernietig gewees het, maar die speurder het dit gehou en sy weduwee het dit vir die outeur gegee. Die speurder het geen persverklarings gemaak nie en die inhoud van die dossier is steeds geheim. Die dossier spreek van ‘n deeglike polisieondersoek.

Die outeur skryf die boek op twee bene: Wat werklik gebeur het soos deur hom gerekonstrueer. En hoe hy na 50 jaar se belangstelling in die saak uiteindelik die dossier opgespoor het.

Oor die outeur
Chris Marnewick is ‘n senior advokaat in Durban. Sy eerste fiksie-boek was Shepherds & Butchers, en het op die kortlys van M-Net Literêre Toekennings en Sunday Times verskyn. Hy was ook die outeur van The soldier who said No en A Sailor’s Honour.

Uitgewer: Protea
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.