Danda

Chris Barnard

Danda vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ‘n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ‘n bedreiging. Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondige kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ‘n subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.

Oor die outeur:
Chris Barnard is een van die sestigerfigure in die Afrikaanse letterkunde. Hy wou reeds toe hy agtien jaar oud was skrywer word. Na sy B.A.- graad word hy joernalis en werk later as uitgewer by Afrikaanse Pers Boekhandel. In 1978 trou hy met die rolprentmaker Katinka Heyns en in samewerking met haar word hy filmvervaardiger en draaiboekskrywer. Van sy bekendste werk is Duiwel-in-die-bos (waarvoor hy die CNA-prys wen) en Mahala, wenner van die Hertzog en W.A. Hofmeyr-pryse. Bekende jeugromans uit sy pen is Danda, die opvolg Danda op Oudeur en Voetpad na Vergelegen.

Uitgewer: NB – uitgewers
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.