Dapper, stapper

Aan die begin van 2015 was die bekroonde Weg!-joernalis Erns Grundling oorwerk, oorstuur, oorgewig, beseer – en pas gediagnoseer met slaapapnee. Daarby was hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe. Vanselfsprekend was ál ding om te doen om die ellelange Camino-staptog in Spanje aan te pak – g’n selfoon, g’n makkers, net dapper en stapper.

Hy klim ook op die vliegtuig met ’n dringende Weg!-artikel wat eers móét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val.

Elders vertel die verhaal van Erns se staptog van 1 025 km kilometer oor veertig dae, wat hy sonder selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ’n tyd waarin ons toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning daarvan om in die oomblik te leef. Hy raak meer as een keer verlief, loop sy Doppelgänger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie.

Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoires wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ’n storie om te vertel.

Elders
Erns Grundling
NB Uitgewers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Onnidigeboek ·

Geboorteskenk is erger. En 100 miljoen vrouens skryf nie daaroor nie.

John ·

Om langs snelwee te stap en motoruitlaatgas in te asem, is nie my idee van ‘n bevrydende ervaring nie, eerder iemand se nog blinker idee as om ‘n boek te skryf. Mens kan dit baie goedkoper doen deur bloot navraag te gaan doen by die plaaslike munisipale kantore oor ‘n opgeblase waterrekening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.