David Graaff

Ebbe Dommisse

Sir David Graaff se unieke Suid-Afrikaanse storie begin waar hy as arm plaaskind skape en varke oppas op Villiersdorp. Soos ’n sprokie word hy as tiener deur ’n welgestelde oom na Kaapstad geneem om by dié se slaghuis te werk. Binne enkele jare is David nie net aan die hoof van die slaghuis nie, maar is hy die verkoelingspionier wat koelstore vir die eerste keer na Suid-Afrika bring – en so sy fortuin maak.

As stigter van Imperial Cold Storage het hy binne ’n generasie ’n miljoenêr sakeman-politikus geword.

In sy kleurryke lewe speel hy ’n rol in die skepping van Roggebaai deur die hawe met bou-afval te vul; hy word burgemeester van Kaapstad en bring gas-straatligte na die stad, hy skep ’n klein sakeryk deur vleis aan die Britte gedurende die Anglo-Boere Oorlog te verskaf, en hy koop uiteindelik die wynplaas De Grendel en omskep dit tot die spoglandgoed wat dit vandag is.

As vrygesel in sy vyftigerjare gee die Britse koningshuis vir hom ’n oorerflike baronetskap – met die geloof dat dit met hom sou uitsterf. Maar kort voor lank trou David met die jong dogter van die Grootte Kerk se hoofleraar – en verseker ’n nageslag wat politikus Sir De Villiers Graaff insluit.

’n Fassinerende stuk Kaapse geskiedenis word hier ontsluit aan die hand van die suksesverhaal van ’n Suid-Afrikaanse sakepionier.

Oor die outeur
Ebbe Dommisse is welbekend as gewese redakteur van Die Burger. Uit sy pen kom die topverkopers Broedertwis, Leierstryd en Anton Rupert – ’n Lewensverhaal (die laaste een as medeskrywer met Willie Esterhuyse).

Sy boek oor David Graaff volg natuurlik op die een oor Anton Rupert – dit is ’n soortgelyke verhaal van ondernemingsgees en vernuf en van ’n sake-pionier wat in een generasie uit armoede ontsnap en ongekende welvaart skep.

Ebbe Dommisse woon in Kaapstad.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R250,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.