Interaktief! 7 dae deur Deon Meyer

Deon Meyer

Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla.

Só lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog.

Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ’n reeks naakfoto’s, ’n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou.

Sewe dae van hel.

Deon Meyer bewys hom weer eens as Suid-Afrika se onbetwiste spanningsverhaal-koning.

Oor die outeur:
Deon Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frankryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans. Vir Feniks Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003, vir Orion die Prix Mystère de la Critique 2004. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang. Klik hier om meer oor Deon te lees.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.