Die aandete

deur Herman Koch

Aan die ander kant van die lyn het my broer ’n diep sug gegee.
“Ek dink jy weet waaroor dit gaan,” het hy gesê.
“Weet Babette?” het ek toe maar gevra.
“Ja. Daarom wil ek hê ons al vier moet by wees. Dit gaan ons al vier aan. Dis ons kinders.”

Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.
Reg van die begin van die roman af is die leser bewus van  onderliggende spanning. Paul, die verteller, kan sy broer duidelik nie verdra nie – Serge is immers suksesvol, aantreklik en beroemd – en aanvanklik lê die leser se simpatie dan ook by Paul. Maar gaandeweg word dit duidelik dat veel meer op die spel is as blote jaloesie tussen die broers. Soos een onthulling op die ander volg, word die leser gedwing om sy taksering van die vier volwassenes en hulle kinders aan te pas.

Die aandete is ’n onoortreflike roman wat die vraag vra in hoeverre jy as ouer vir die dade van jou kind verantwoordelik is.

Oor die outeur:
Herman Koch (1953) is in Nederland bekend as televisiepersoonlikheid, rubriekskrywer en romanskrywer. Met Die aandete, waarvan al reeds 350 000 eksemplare verkoop het, maak hy sy internasionale deurbraak. Dit is reeds in dertien tale vertaal. Dié roman is ook bekroon met die NS Publieksprijs 2009.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.