Die aap in jou koffie – Afrikaanse eponieme van A tot Z

Anton Prinsloo

Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar ’n aap in jou koffie is? Waarom staan ’n mens se strottehoof bekend as ’n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het?

Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op grond van mense of plekke se name. So is die dahlia, adamsappel en cappuccino eponieme. In Die Aap in jou koffie beantwoord die gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit ’n andersoortige woordeboek – een wat ’n mens met ’n glimlag lees.

Oor die outeur
Anton F. Prinsloo (1941-) is by duisende radioluisteraars en TV-kykers bekend as die taalman met die vonkel in die oog. Hy is ook bekend vir sy boeke Feite, flaters, fiksie en Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Sy woordeboek oor kontreitaal, Annerlike Afrikaans, wat by Protea Boekhuis verskyn het, is bekroon met die ATKV-Sanlamtoekenning vir die beste taalkundepublikasie in 2009. In dieselfde jaar het Protea Boekhuis sy outobiografiese vertellings 13 klutse kwyt gepubliseer. In 2003 het hy die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.