Dié Afrikaanse boeke gewild onder lesers

Die Afrikaanse boekemark se fiksie, niefiksie en kinderboeke bied ʼn groot verskeidenheid leesstof aan boekwurms. Voeg hierby tientalle resensies, lesersindrukke en skrywersonderhoude wat in die media verskyn, en dit is te verstane dat lesers soms kopkrap oor hul leeslyste en boekaankope.

Graffiti Boeke het pas ʼn topverkoperlys vir Julie bekendgemaak. As jy dus nog wonder wat om volgende te lees, behoort dié lys jou te help.

Fiksie

  1. Marilyn deur Chanette Paul (Lapa Uitgewers)
  2. Vyf en twintig trappe na benede deur Madelein Rust (Lapa Uitgewers)
  3. Vin deur Lien Botha (NB-Uitgewers)
  4. Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn (Penguin Random House)
  5. Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer (NB-Uitgewers)

Niefiksie

  1. Afrikaner Sondebok? deur Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  2. Tao van wakker word deur Abel Pienaar (Naledi Uitgewers)
  3. Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniel Lotter (Protea Boekhuis)
  4. Leef jou nuwe lied deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg (Lux Verbi)
  5. Vleis deur Annelien Pienaar (NB-Uitgewers)

Kinderboeke

  1. Die mooiste sprokies van Grimm (tweede uitgawe) deur Marita van der Vyver (NB-Uitgewers)
  2. Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde deur De Wet Hugo (NB-Uitgewers)
  3. Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde deur De Wet Hugo (NB-Uitgewers)
  4. Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde deur De Wet Hugo (NB-Uitgewers)
  5. Learn to Read (Level 3) Tippie Boxset 10 deur Jose Palmer en Reinette Lombard (Lapa Uitgewers)

Romanza (Lapa Uitgewers)

  1. Hart van klip deur Didi Potgieter
  2. Om te vlieg deur Jeanette Stals
  3. Liefde onbeperk deur Marilé Cloete
  4. Strandwolf deur René van Zyl
  5. Uiteindelik verlief deur Dina Botha

Graffiti Boeke se Aanlynkuiers

Kyk ook uit vir Graffiti Boeke se Aanlynkuiers wat weekliks op Facebook aangebied word. Die jongste boeke word bekend gestel tydens ʼn aanlyn gesprek met skrywers. Lesers kan uitsien na die volgende boekgesprekke wat in Augustus aangebied word:

  • 5 Augustus: Marita van der Vyver gesels met Cintaine Schutte (gespreksleier) oor Die mooiste sprokies van Grimm (NB-Uitgewers)
  • 10 Augustus: Zelda Bezuidenhout gesels met Sidney Gilroy (gespreksleier) oor Die waarde van stil bure (NB-Uitgewers)
  • 12 Augustus: Chanette Paul gesels met Anschen Conradie (gespreksleier) oor Marilyn (Lapa Uitgewers)
  • 17 Augustus: Morne Malan gesels met Lizz Meiring (gespreksleier) oor Wildekus (Lapa Uitgewers)
  • 19 Augustus: Francois Smit gesels met Jonathan Amid (gespreksleier) oor Die getuienis (NB-Uitgewers)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.