Die Afrikaanse Lekkerleesfees

 

1 Julie tot 13 Augustus

“jou lag is ‘n oopgebreekte granaat” – Ingrid Jonker
Nie te vrot vir ‘n Kombuistaal nie, nè!

Exclusive Books se Lekkerleesfees bring hulde aan die ryk geskiedenis van die Afrikaanse taal en skrywers, met ‘n sterk lys van nuut gepubliseerde titels. Sedert 2001 bevorder Exclusive Books se Homebru promosie ons plaaslike skrywers en boeke. Sodoende het Engelse en Afrikaanse titels langs mekaar op die rak verskyn. Die Afrikaanse aanvraag en aanbod het egter so groot geraak dat Exclusive Books besluit het om `n Afrikaanse promosie, by name Lekkerleesfees, op die been te bring. Hierdie jaar se lys spog met 33 titels waarvan 16 vuurwarm nuwe publikasies is. “Ons is veral opgewonde oor ons immergroen titels soos Liewe Heksie Omnibus en Kringe in die Bos wat hierdie jaar ingesluit is by die verskeidenheid” se Rene Brophy, bemarkings- en publisiteitsbestuurder van Exclusive Books.

Jeanette Ferreirra (Boereoorlogstories) is gevra of sy dink die Afrikaanse taal sal ooit vervaag waarop sy geantwoord het: “So baie mense praat Afrikaans, dit is die voertaal van bruin, wit en swart mense. Dit is `n eg Suid Afrikaanse taal en solank dit belangrik bly vir die Afrikaanse kultuur, sal dit nooit vervaag nie – die Exclusive Books Lekkerleesfees is een manier ter bevordering hiervan.” Die jaar sy lys sluit ook 7 poësie versamelings in, die Groot Verseboek, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Antjie Krog en nuweling Johann de Lange. Irma Joubert is van mening dat `n promosie soos die Lekkerleesfees Afrikaanse skrywers ondersteun asook lesers blootstel aan nuwe talent terwyl die klassieke titels nog ondersteun word. Brophy is oortuig dat Exclusive Books se Lekkerleesfees binnekort net so gewild soos Homebru sal wees en noem dat Exclusive Books trots is om ‘n baanbreker te wees met so ‘n groot Afrikaanse promosie.

Die 2011 Exclusive Books Lekkerleesfees Titels:

Nuwe Titels
Hoogty – E. Kotze
Wals met Matilda – Dan Sleigh
Abel se Lot – Chris Karsten
Tuiskoms: Stories oor die Liefde – Irma Joubert
Boereoorlogstories: 34 verhale oor die oorlog van 1899-1902 – Jeanette Ferreira (samesteller)
Rugbymal: Stories uit die Pawiljoene – Jaco Kirsten (samesteller)
Kos vir die Kenner – C. Louis Leipoldt
Fabels van Esopus – Beverley Naidoo; Piet Grobler (illustreerder)
Toorwoorde Roep my – Valiant Swart
Ek Dare Jou… Leef Voluit – Dieter Voigt
‘n Seun soos Bram – Hannes Haasbroek
Evita Help om jou Lewe te Organiseer – Peter Dirk-Uys
Die Verste Uur – Steve Hofmeyer
Daar’s ‘n hoender wat ‘n Eier nie kan lê – Chris van Wyk
Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies – Jonathan Jansen

Geliefde Titels
Kook en Geniet – S de Villers
Eilande (Sagteband) – Dan Sleigh
Anderkant die Scrap – Dana Snyman
Griet Skryf ‘n Sprokie (2010) – Marieta van der Vyver
Klassiek Reeks: Kennis van die Aand – Andre P Brink
Klassiek Reeks: Magersfontein, O Magersfontein – Ettienne le Roux
Moer toe die Vreemde in – Johan Bakkes
Liewe Heksie Omnibus – Verna Vels
Klassiek Reeks: ‘n Ander Land – Karel Schoeman
13 Uur – Deon Meyer
Kringe in ‘n Bos – Dalene Matthee

Poesië
Groot Verseboek 2008: Band 1 – Andre P Brink
Groot Verseboek 2008: Band 2 – Andre P Brink
Groot Verseboek 2008: Band 3 – Andre P Brink
Die Algebra van Nood – Johann de Lange
Die Beginsel van Stof – Breyten Breytenbach
Versamelde Werke – Ingrid Jonker
Eerste Gedigte – Antjie Krog

Exclusive Books is die eerste maatskappy/adverteerder wat gratis reklameruimte/lugtyd gewen het nadat die boekwinkelgroep se veldtog vir die Lekkerleesfees verlede jaar met Pendoring se Prestigetoekenning bekroon is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.