Die afskeid

Karen Kingsbury

Lesers het Bailey Flanigan leer ken in die intriges van die Baxter-familie, maar nou het sy haar eie reeks! Die afskeid is die eerste boek in die Bailey Flanigan-reeks. Bailey se avonture begin wanneer sy die geleentheid kry om ’n oudisie te doen vir ’n Broadway-musiekblyspel in New York. Maar is sy gereed om haar vriende en familie in Bloomington agter te laat? En wat van Cody? Sy is bekommerd oor hul toekoms en kan net bid dat hulle liefde sal seëvier.

Cody, wat Bloomington verlaat het om nader aan sy ma te wees, kom deur nuwe vriende, omstandighede en die afstand tussen hulle agter dat sy verhouding met Bailey nie so rotsvas is soos hy gedink het nie. Hierdie reeks, wat karakters uit die gewilde Baxterreekse bevat, word gekenmerk deur liefde, eensaamheid, groot geleenthede en moeilike besluite.

Oor die outeur
Karen Kingsbury is tans een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-outeurs. Sy het al meer as 40 boeke geskryf en daar is meer as 15 miljoen eksemplare van haar boeke in druk. Karen en haar man, Don, het een dogter en vyf seuns waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

Uitgewer: CUM
Prys: R119,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.