Die algebra van nood

Johann de Lange

Hierdie bekende digter se eerste bundel in byna 13 jaar is ’n belangwekkende gebeurtenis wat menige poësieliefhebber sal laat regop sit. Baie van die gedigte is oor kenmerkende De Lange-temas en onderwerpe (die homoërotiek, dwelmgebruik, die skryfkuns) en die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra, ’n boeiende kaleidoskoop van fasette van die menslike nood, angs en weemoed. Die gedigte is poëties onopgesmuk, met ’n deurleefde deernis met die mens en sy emosionele wêreld. Die reeks “in memoriam”-gedigte vorm ’n hoogtepunt binne hierdie konteks.

Oor die outeur
Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer in 1977 op Naboomspruit, waarna hy aan die Universiteit van Pretoria en UNISA studeer. Tydens sy studiejare aan die UP is hy stigterslid van die literêre tydskrif Ensovoort. Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonker-prys ontvang. Sy vierde bundel, Wordende naak (1988), word met die Rapportprys vir Poësie bekroon. In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie. Sy eerste digbundel in 13 jaar, Die algebra van nood, het in Februarie 2009 verskyn.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R152,50*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.