Die bekende Bollie is terug!

Bollie, die vindingryke hasie met sy ondeunde planne, is terug in ’n nuwe 72-blad-tydskrif waarin 63 splinternuwe avonture opgeneem is! En saam met hom is sy getroue maat Blikkies, en sy dierbare sussies Krabbel en Boemsie. Bollie het al verskeie geslagte lesertjies in Suid-Afrika vermaak, maar spog deesdae met ’n pet wat windmakerig agterstevoor op sy kop sit en ’n byderwetse cargo-broek. Hy speel selfs rekenaarspeletjies! Mamma is nou ’n modieuse konyn-mevrou wat met haar bikini-figuur op die strand kan spog en oom Dik Daan . . . nee, oom Dik Daan is nog dieselfde geliefde karakter van ouds. Bollie se avonture is tydloos en immergewild.

Huisgenoot se Bollie-tydskrif sal ’n nuwe geslag lesers se verbeelding aangryp – en sy ouer aanhangers kan gerus ook saamlees. Moenie hierdie versamelaarsitem misloop nie. Kry vandag jou kopie van Huisgenoot-Bollie vir net R20!

Huisgenoot-Bollie is nou by alle groot supermarkte en boekwinkels beskikbaar. As jy dit nie in die hande kry nie en dit wil bestel, SMS Bollie en jou naam na 32113. Elke SMS kos R1. Jy kan ook ’n e-pos stuur na [email protected] of 0860-103-686 met navrae bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.