Jaco Jacobs
Arno soek ‘n fantastiese troeteldier! Wat van ‘n enorme bruin beer? Of ‘n seemonster met taai tentakels? Of dalk selfs ‘n draak wat rook kan blaas? Maar partykeer kan die heel kleinste troeteldier ook groot pret wees!
‘n Heerlike, humoristiese soektog na die heel beste troeteldier!
Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80-00*
*Prys onderhewig aan verandering