Dié boek laat jou na jou asem snak

Dié resensie is opgestel deur die 16-jarige Marisha Hermann. Sy is ʼn graad 10-leerling aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Haar stokperdjies is lees en skryf. Sy het ʼn liefde vir koor en sing in die Affies se Blou Engele. – Red

Asem is geskryf deur Jan Vermeulen en reeds in 2016 uitgegee deur Lapa Uitgewers.

Barries Barnard is ʼn tiener met donker geheime wat hom omvou. Hy haat sy pa en vir sy ma het hy nie veel respek nie. Barries bly saam met sy ma in ʼn woonstelblok nadat sy pa hulle gelos het. Floris, Theo, Barries se beste vriende en sy meisie, Lizette, vier Barries se verjaarsdag, maar dis waar die grootste moeilikheid begin. Nadat hulle onder die invloed van dwelms en alkohol in die strate rondry, ry hulle die konstabel om. Barries word na sy pa gestuur. Barries is op ʼn missie om sy pa met rotgif te vermoor. Hy reken dit sal pynlik en stadig wees.

Barries moet leer om met sy pa oor die weg te kom. Sy pa maak baie wonde van die verlede oop en Barries moet van voor af soek wie hy werklik is. Barries leer wat is reg en verkeerd en leer groot lewenslesse. Nadat hy vir Fillie Booyens, Olga, Stef en Jona ontmoet verander sy lewe totaal en al.

Asem, geskryf deur Jan Vermeulen, is ʼn boek geskik vir ouer tieners. Die boek behels spanning, romanse, verslawing en die aanspreek van probleme reg oor die land soos dwelmmisbruik, selfverwyt, motorongelukke en moedeloosheid. Hierdie boek gee jou insig in ʼn ander wêreld. Die boek is maklik om te lees. Kras woorde word soms gebruik.

Asem was die kompetisiewenner van die Lapa-jeugroman in 2015. Jan Vermeulen het al talle ander toekennings ontvang met sy boeke Soen, Oopmond en Die vyfde Aspoester. Asem is ʼn móét-lees-boek vir elke tiener wat insig tot ʼn ander wêreld wil hê.

Asem deur Jan Vermeulen
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.