Die dokter as vennoot

Dr. Dawie van Velden

Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is ’n versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde. Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in alledaagse Afrikaans verduidelik.

Dr. Dawie van Velden glo dat die dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met dié boek op jou koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika jou gesondheidsvennoot.

Oor die outeur
Dr. Dawie van Velden praktiseer in Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense dieet.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.