Die geheime kamer

Corlia Fourie

Sandra du Toit, ’n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en in die “geheime kamer” van ’n huis by die see opgesluit. Haar ontvoerder is Gert Cloete, ’n man wat ’n obsessie ontwikkel het met die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is ’n man met vreemde dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in ’n superskoon huis. Hy glo dat hy die bose wêreld sal verander deur sy verering van ’n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.

Die polisie het feitlik geen leidrade nie, behalwe dat drie meisies, moontlik almal maagde, op 31 Augustus ontvoer is, en dat hulle dieselfde lyk …

Oor die outeur
Corlia Fourie het as joernalis vir Die Burger, Beeld en Sarie gewerk voordat sy in die tagtigerjare fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werke is die drama Moeders en Dogters wat deur KRUIK vir die radio sowel as televisie opgevoer is, asook die kinderboeke Die wit vlinder, Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale. Vir al drie dié boeke het sy etlike literêre pryse gewen. Twee kortverhaalbundels, Sê en Liefde en Geweld, het ook uit haar pen verskyn. Laasgenoemde het in 1991 die ATKV-prys vir gewilde prosa ontvang. Haar roman, Die oop deur, is oor die radio voorgelees. Tans is sy vryskutjoernalis en rooi rose se verhaleredakteur.

Uitgewer: LAPA
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Die geheime kamer is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.