Die genade van God

Andy Stanley

Ontdek hoe God se genade jou kán en sál verander. Geen mens verdien dit wat hy uit God se hand ontvang nie – ’n lewe wat vry is van die sonde en hoop vir ’n glorieryke toekoms – maar ongelooflik soos wat dit klink, is dit ons s’n. Hoekom? Omdat God sy genade vir ons gee.

Maar as hierdie genade so vrylik beskikbaar is, waarom leef ons lewens sonder genade? Sluit aan by bekende outeur Andy Stanley in Die genade van God terwyl hy deur die Ou en Nuwe Testament gaan om te kyk na God se genade in die lewens van sommige van die beste en slegste karakters. Hy deel ook persoonlike insigte uit sy eie lewe en onthul hoe genade nie ’n natuurlike reaksie is nie, maar ’n onontbeerlike een. Hierdie stories ontrafel die misterie van genade en vertel van die transformerende krag wat elkeen van ons vrymaak.

Die genade van God sluit ook ’n spesiale hoofstuk in, wat lesers sal help om hul eie genade-verhaal te ontdek

Oor die outeur
Andy Stanley is ’n leraar, spreker, outeur en stigter van North Point Ministries, Inc. (NPM). NPM het sedert hul stigting in 1995 gegroei tot ’n invloedryke Christelike organisasie in Amerika. Andy en sy vrou, Sandra, het twee seuns en ’n dogter. Hulle woon in Atlanta, Georgia.

Uitgewer: CUM
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.