Boek: Die groen strook: ‘n Suid-Afrikaanse gids vir ‘n groen leefstyl

Michelle en Riaan Garforth-Venter

Eko-entoesiaste Riaan en Michelle Garforth-Venter se eerste omgewingsbewustheid-boek,  Die groen strook: ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl is pas gepubliseer. Die TV program Green line, word tans op SABC 3 uitgesaai. Die groen strook: ’n Suid-Afrikaanse gids vir ’n groen leefstyl skop af met ’n volledige lys van terme wat jou reis tot ’n groener leefstyl maklik sal maak. Die boek word verder in drie afdelings ingedeel, naamlik:

  • Die wêreld waarin ons leef: Skets ons huidige situasie en waarom dit nie meer onderhandelbaar is om ’n groen leefstyl te kweek nie.
  • ’n Groener leefstyl: Verskaf praktiese raad en idees om jou alledaagse lewe groen aan te pak.
  • Die groter prentjie: Verskaf inligting oor die probleme wat ons tans het met die lug wat ons inasem, grond, die diereryk, ons flora en die kuslyn en gee praktiese oplossings vir in en om die huis, die kantoor en oral elders vir die onderskeie aspekte.

Michelle en Riaan gee raad oor hoe hul hul eie huishouding en leefwyse  groen aanpak. Dit sluit onder meer in hoe om jou eie skoonmaakmiddels en kosmetiese middels te maak, tot jou eie komposhoop, wurmplaas en selfs die voordele om hoenders op jou erf aan te hou. Die produksieproses van Die groen strook was besonders. Paarl Media spreek die negatiewe invloed van drukwerk op ons natuurlike hulpbronne aan, deur eko-vriendelike alternatiewe te gebruik in hul drukprosesse. Die publikasie was gedruk met Minerale Olie en vrye vlakdruklitografie ink

Oor die outeur

Michelle en Riaan Garforth-Venter is aangewys in 2010 as Huisgenoot en You se glanspaar van die jaar. Gedurende 2010 was hul program Love and Mortar op DSTV waar hulle saam ’n “groen” huis ontwerp en laat bou het. Riaan is bekend as die immer gewilde Die Nutsman van die SABC2-faam en Michelle as aanbieder van Wild Ltd en No Reservations wat onderskeidelik op SABC 2 en 3 uitgesaai was.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R245,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.