Die Groot Maroelas

Doc Immelman

Terwyl die maroelas nog swart teen die lug afsteek, skiet Hans Wagner vroeg een oggend twee leeus op sy Suidwes-plaas. Maar onverwags verskyn daar toe ’n jong leeutjie uit die bosse wat Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na dié welpie geskiet word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus, Hans se tienerseun, besluit om voortaan elke skoolvakansie na die eenoor-leeu te soek.

Dit is ’n soektog wat baie lank duur en in daardie tyd word nie net die leeu groot nie, maar ook Petrus ontwikkel tot ’n jongman, gebrei deur harde plaaswerk en jag.

En soos hy ouer word, begin hy met ander oë na die buurdogter, Martie, kyk – na wie hy eers minagtend verwys as een van “daardie Angolas”. Sal die liefde hom soos die leeu ontwyk?

Oor die outeur
Doc Immelman is ’n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Romans soos Die bul van Kashimbo, Die Buffeljagter, Die leeu van Okarusewa en Vyf waens na San Pedro wat onlangs weer herdruk is, het Immelman opnuut aan ’n wye leserspubliek bekendgestel. Natuurliefhebbers, buitelewe-entoesiaste, vakansiegangers in Namibië en die Kalahari sal hierdie samestelling van stories geniet, maar dit behoort tot ’n wye spektrum lesers te spreek, veral vanweë die tema van liefde wat in die stories resoneer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R140-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.