Die hart van ‘n ma

madeur Abraham Phillips

In ʼn arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting en hartseer veroorsaak, vra drie ma’s desperaat: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Maria verloor eers haar man en daarna haar seun. Ook haar suster, Stienie, en hul buurvrou Bettie moet magteloos toekyk hoe hierdie nuwe plaag hulle lewe en huise binnedring, hulle al hoe stywer vasketting aan hul uitsiglose omstandighede. Maar daar is een man wat hom beywer om die euwel te beveg en hom toenemend skaar aan die kant van die vroue: kaptein Wielieboy Mathabola. ʼn Ontroerende roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself, en sy stryd om geregtigheid.

Oor die outeur:
Abraham (Ronnie) Phillips het op Worcester groot geword. In 1992 trek hy aandag met die publikasie van Die verdwaalde land (waarvan André Brink sê: “ ʼn Klein boekie met ʼn groot hart”). Daarna het nog verskeie romans gevolg, onder meer Erfenis van die noodlot in 1993, Die Messiasbende (1997) en Die evangelis van Kaggelsberg (2007). In 2008 is die Patrick Petersen gedenkprys aan Phillip toegeken, en in die lofrede word hy “ ʼn stem vir die stemloses” genoem. Hy woon steeds in Worcester.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R175-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.