Die hemel van Heivisj

deur Benny Lindelauf

Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser – of eerder “betaalde vriendin” – vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl voel sy al hoe meer opstandig oor haar lot: vriendskap is tog nie iets wat ’n mens kan koop nie? Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie – wat hulle betref is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak en is haar afsydigheid teenoor Liesl pure aanstellerigheid. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. As die noodlot onafwendbaar lyk, kry Fing op ’n wonderbaarlike wyse hulp: nie van mense nie, maar van die mynperd Heivisj en van ’n stokou lindeboom. Die hemel van Heivisj is ’n vervolg op Nege Oop Arms, maar kan ook selfstandig gelees word.

Oor die outeur: 
Een van die grootste inspirasies in Benny Lindelauf se skrywersloopbaan was sy eie ouma, by wie hy dikwels op die stoep gesit en teedrink het terwyl sy vir hom verhale oor haar en haar susters vertel. Sy boeke word onder die top Nederlandse jeugpublikasies van die afgelope dekade beskou en word reeds as “klassiek” beskryf. De hemel van Heivisj, wat selfs méér lof as sy voorganger Nege open Armen ingeoes het, is in 2011 onder meer bekroon met die Woutertje Pieterse-prys, die Dioraphte Jongerenliteratuur-prys en die Nienke van Hichtum-prys.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.