Die jakkalsdans

François Loots

Op die oog af is Die jakkalsdans die kleindorpse verhaal van ’n jong man, Jopie, wat wil klere ontwerp, van sy ma, Aletta, en sy pa, Mannetjies, wat ’n verhouding het met ’n bruin meisie, Tryn. Wanneer die Dood in die gedaaante van ene Rotman met sy trop jakkalse tussen die inwoners kom woon, moet elkeen vra: met wie wil Rotman die jakkalsdans dans, en waarom? Wie se dae is getel? Die storie raak ‘n ryk tapisserie waarin die veld, die diere, die streekstaal van die Bo-Karoo en Korana-mitologie verweef word. Die verlede en die hede, die lewe en die hiernamaals vervloei in die werk van hierdie skrywer wie se boek Lente in Beijing deur Rapport aangewys is as een van die literêre hoogtepunte van 2003. Die boek is ook beskikbaar as ’n e-boek of in PDF-formaat. Asbes is sedert 1940 tot die laat jare tagtig op Prieska gemyn. Die jakkalsdans – miskien die eerste Afrikaanse roman wat so direk en van die binnekant werk met “die bloudood”, of asbestose, en die gevolge daarvan vir indiwidue en ’n gemeenskap – speel op Prieska af.

 

Oor die outeur

François Loots is in Prieska gebore. Hy is die skrywer van Nagvoëls (2001) en Lente in Beijing (2003). Die jakkalsdans is sy derde roman. Hy
woon en werk in Kaapstad.

 

Uitgewer: Random House Struik/Umuzi

Prys: R170,00*

* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.