Die Jesus wat jy nie kan ignoreer nie

John MacArthur

Sagmoedig. Polities korrek. ’n Wonderlike leermeester. Dít is gewilde beskrywings van Jesus. Maar dit is nie die
volle prentjie nie. Miskien is dit vir mense ongemaklik of ongerieflik, maar Christene én nie-Christene is dikwels
geneig om nie die heftigheid van die Redder raak te sien nie. Wat het Jesus gedoen met godsdienstige leiers wat
verkeerdhede verkondig en die evangelie verwerp? Die Jesus wat jy nie kan ignoreer nie deur John MacArthur ondersoek Jesus se woordewisselings met invloedryke geestelike leiers van daardie tyd. Lesers sal
besef hoe Jesus se boodskap én manier van doen toepaslik is in ’n tyd waar ons geneig is om net altyd ander te
akkommodeer en kompromieë aan te gaan ten koste van ons geloof. Die Jesus wat jy nie kan ignoreer nie is ’n reguit en eerlike boek wat jou sal help om te leer hoe om in die voetspore van Jesus te volg.

Oor die outeur
John MacArthur, algemeen bekend vir sy deeglike, reguit benadering tot Woordverkondiging, is ’n gewilde outeur en openbare spreker. Hy word daagliks op die Amerikaanse radioprogram Grace to You gehoor. Sedert 1969 dien hy as leraar van die Grace Community Church in Sun Valley, Kalifornië. John en sy vrou, Patricia, het vier volwasse kinders en ook kleinkinders.

Uitgewers: CUM
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.