Die kamferkis

Sjane van Aswegen

Die kamferkis is ’n liefdesroman. Mien de Jager se ouers het haar gewaarsku teen die euwels en gevare van “vreemde jongetjies”. Hulle het ideale gehad vir haar: die kunsjuffrou het Mien se talent raakgesien en haar plek was bespreek vir die kunsskool in Stellenbosch. Sy sou beslis nie agter die kasregister staan in die koöperasie nie. Toe ontmoet Mien die aantreklike Johan du Toit op hulle gesin se jaarlikse seevakansie op Eersterivier.

In Soete Inval, die ouetehuis waarheen haar dogter haar gepos het, besluit Mien dis tyd om haar herinneringe op te skryf. Sy sal dit in haar kamferkis bêre. En dan sal sy sorg dat die kamferkis aan die regte persoon nagelaat word.

Oor die outeur
Onthoupad na die see het in 2008 by Protea Boekhuis verskyn. Sjane van Aswegen woon op Knysna en skilder graag.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.