Die kinders van Chronos

Pieter Aspe

Hoofkommissaris Pieter van In van die Brugse Polisiemag het weer ‘n raaisel om uit te pluis, ‘n grieselrige moord om op te los en ‘n donker komplot om oop te vlek. En aan sy sy is Versavel, sy getroue regterhand wat saam met hom deur burokratiese rompslomp moet beur.

‘n Kind kry ‘n skeenbeen op haar pa se plasie. Van In en Versavel nesef dat die ontdekking meer as net ‘n losstaande gebeurtenis behels: Daar is die invloedryke Lodewijk Vandaele wat hulle ondersoek probeer kortwiek, die vooraanstaande minister Brys wat die wêreld vir hulle kan warm maak en die advokaat Provoost wat hulle wil dwarsboom. Boonop verdwyn hulle belangrikste getuie en iewers in hulle kantoor is daar ‘n mol wat inligting laat uitlek.

Geleidelik kom ‘n netwerk aan die lig van deelnemers (waaronder die minister van buitelandse sake) aan seksorgies, gedwonge prostitusie en korrupsie onder sekere van die voorste Belgiese burgers- en iewers in die agtergrond skuil ‘n huurmoordenaaar. Die oorsprong van die seksbeheptheid en perversiteit lyk na die aktiwiteite van ‘n homoseksuele pedofiel. Of is dit?

Die ondersoek word gejaag teen tyd, teen die huurmoordenaar wat gestuur is om hulle getuie te elimineer, teen die stelsel self, om die boosheid betyds hok te slaan.

Oor die outeur:
Pieter Aspe is die gewildste misdaadskrywer in Vlaandere en Nederland. Die Kinders van Chronos is die derde boek van die indrukwekkende en spannende reeks Pieter van In- misdaadverhale wat ook verwerk is tot ‘n televisiereeks. Die vierkant van die wraak was die eersteboek en Die Midasmoorde die tweede. Aspe het al meer as 1.5 miljoen boeke in Vlaandere en Nederland verkoop.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.