Die klassieke kinderbybel storieboek

Johan en Nina Smit

Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet. Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring. Die 200 stories in Die klassieke Kinderbybelstorieboek bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak.

Oor die outeur
Johan en Nina Smit het gesamentlik al byna 300 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hulle woon in Somerset-Wes, en het drie kinders en vyf kleinkinders. Alan Parry is ’n outeur en illustreerder. Daar is al meer as drie miljoen eksemplare van die boeke verkoop waaraan hy saam met sy vrou gewerk het. Hy is getroud met Linda wat saam met hom boeke skryf en illustreer. Hulle bly in Oxford, Engeland.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R149,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.