Die klein waterman

Otfried Preussler & Regine Stigloher

Dis lente!
Die eerste warm sonstrale bereik die bodem van die meuldam en die klein waterman ontwaak uit sy winterslaap. Ná ontbyt gaan hy nuuskierig en vol avontuurlus uit die huis om sy omgewing te verken. Is al sy vriende nog daar?

Saam met sy dogter, Regine Stigloher, skenk Otfried Preussler aan sy lesers ’n nuwe prenteboek van sy klassieke werk, wat nou vir die eerste keer in Afrikaans uitgegee word.

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.

Oor die outeur
Otfried Preussler (gebore 1923) is een van die beroemdste en suksesvolste Duitse skrywers. Hy bestempel homself as iemand met ’n voorliefde vir stories vertel. Baie van sy boeke soos Die kleine Hexe (Die klein heksie) en Der Räuber Hotzenplotz (Die rower Hotzenplotz) het ’n vaste plek op die boekrakke van kinders dwarsoor die wêreld. Der kleine Wassermann (Die klein waterman), wat hy in 1957 geskep het, is sy eerste kinderboekkarakter. Van hierdie boek is al meer as 2,3 miljoen eksemplare verkoop.

Oor die illustreerder:
Daniel Napp (gebore 1974) het in Münster Grafiese Ontwerp gestudeer. Hy werk as vryskut-illustreerder in ’n kunstenaarsgemeenskap in Münster en het reeds talryke prente- en kinderboeke geïllustreer. Sy buitengewone talent is reeds internasionaal erken, soos wat sy Dokter Brumm-boeke, wat in verskeie tale vertaal is, bewys.

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.