Die laaste jagtog

Dot Serfontein

Vroeg een oggend besluit ’n boer om ten spyte van sy jong vrou se voorbehoud op ’n laaste (rampspoedige) jagtog te vertrek – sommer so in sy pajamas; Ou Drien, die kleremaker, kry diep in haar middeljare uiteindelik ’n “regte” huweliksaansoek; Diederik Venter, dertig jaar oud, nog steeds ’n junior klerk, met ’n vrou, twee kinders en ’n maagseer ontwikkel opeens ’n obsessie met vuurhoutjiedosies; en ’n “antie” kry ’n “sirpraais” in die vorm van ’n byekorf en is dan, ongelukkig, vasberade om as byeboer te slaag.
In hierdie kleurvolle bundel kortverhale word skynbaar uiteenlopende karakters verbind deur verskeie vergestaltings van ’n laaste jagtog. Die gevolg is hartseer sowel as skreeusnaakse – en soms pynlike – avonture, geskets met skerpsinnigheid en deernis.

Die laaste jagtog bevat dieselfde menslikheid en pittige taalgebruik wat Dot Serfontein se romans en sketse so gewild gemaak het en is in 1983 bekroon met die FAK-Helpmekaar letterkunde prys.

Oor die outeur
Uit Dot Serfontein se pen het verskeie kroonboeke verskyn, onder andere Tiendes van anys (1962), Rang in der Staten Rij (1979), Galery van Reënmakers (1986), Vertel! Vertel! (1995), Amper my mense (2009), Vrypas (2009), Ek is maar ene (2010) and Systap onder die juk (2011). Sy is in haar tagtigs en woon tans in Kroonstad. Sy is beskikbaar vir onderhoude.

Klassieke Afrikaanse kortverhale wat in intervalle gelees kan word.

Lesersprofiel: Ouer as 16 met ’n voorliefde vir humor en die unieke (Suid-)Afrikaanse kultuur.

Uitgewers: Protea
Prys: R140-00*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.