Die laaste karretjiegraf

47539958_0_Img2deur Athol Fugard en Riana Steyn

Die eerste saad in hierdie toneel is reeds 50 jaar gelede geplant. Dit het begin met ʼn storie wat Athol Fugard se ma aan hom vertel het en met sy belofte aan haar om eendag ʼn toneelstuk in haar moedertaal te skryf. Met die hulp van medeskrywer Riana Steyn se navorsing oor die karretjiemense het Die laaste karretjiegraf, Fugard se eerste toneelstuk in Afrikaans, tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin wat hul ouma Mieta in die Karooveld onder klippe begrawe soos dit die gebruik onder die karretjiemense is. Haar dood lei die einde van ʼn leefwyse in.

Oor die outeur:
Athol Fugard is ʼn Suid-Afrikaanse dramaturg en geleentheidsregisseur en – akteur. Sy 50 jaar van dramaturgie sluit in The Blood Knot, Boesman en Lena, Master Herold… and the Boys, The Road to Mecca en The Train Driver. Riana Steyn was vir 15 jaar aan die Departement Antropologie en Argeologie aan UNISA verbonde. Hier het sy haar meestersgraad met lof voltooi. Sedert 2013 is sy ʼn deeltydse lektor in antropologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R160-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.