Die leeu wat skaam was

Jaco Jacobs

Klein Leeutjie is baie skaam. Hy kan nie brul nie. Al wat uitkom wanneer hy probeer, is: “Piep!” Sy boeties en sussies lag vir hom. “Jy moet nie PIEP nie, jy moet BRUL!” Maar dan ontmoet klein Leeutjie vir Muis. Sal Muis hom kan help om soos die ander leeus te leer brul?

‘n Storie oor selfvertroue

Die reeks:
1. Die tier wat kwaad was
2. Die olifant wat bang was
3. Die seekoei wat gelukkig was
4. Die sebra wat hartseer was
5. Die leeu wat skaam was

Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R30-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.