Dié leser wen kinderstories van NB-Uitgewers

Een Maroela Media-leser het ʼn boekpak met sewe kinderboeke van NB-Uitgewers gewen.

Baie geluk aan Donovan Hopkins wat binnekort heerlik saam met sy 9-jarige seun gaan lees aan Die avonture van Kaptein Onderbroek, Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette, Kaptein Onderbroek en die inval van die koelbloedige kostannies uit die ruimte (én daarna die aanval van die ewe bose zombie-nerds), Goorste week ooit: Maandag, Goorste week ooit: Dinsdag, Goorste week ooit: Maandag en Platsak maak ʼn plan.

Lees meer op Maroela Media oor dié kinderstories, en besoek NB Uitgewers se webwerf om die boeke aanlyn te bestel. Dit kan ook by Graffiti Boeke aangeskaf word.

Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies, en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.