Die Loraks – Dr Seuss

Vertaal deur Leon Rousseau

“Meneer,” sê die ou met ‘n knor en ‘n brom. “Ek praat vir die bome, want bome is stom. My naam is die Loraks, ek woon in die woud, en wat jy kom doen, maak my baie benoud. Vir eers wil ek weet watse ONDING het jy van my lieflike troefaladonse kom brei?”

Die Kitser is besig om al die troefalabome in die vallei uit te roei om sy brodigs van troefaladons te brei. Die arme swomswane, bruin Barbalakkies en neurievisse wat in die vallei woon moet vlug voor die verwoesting en besoedeling wat die Kitser met sy nywerheid veroorsaak Die Loraks kom om hom te waarsku, maar die Kitser gee geen gehoor nie…

Die Loraks is nie net ‘n wonderlike vermaaklike rymstorie nie, maar dra ook ‘n sterk boodskap oor omgewingsbewaring – iets wat vandag uiters relevant is. Hierdie Afrikaanse rymverhaal deur Leon Rousseau is net so uitstekend en klassiek soos die gewilde vertalings Die kat kom kuier en Die kat kom weer.

Positiewe boodskap oor omgewingsbewaring.
Die animasiefilm deur Universal is vroeër vanjaar vrygestel.
Eenvoudige woordeskat is perfek vir beginnerlesers.

Oor die outeur:
Dr Seuss het min bekendstelling nodig. Theodor Seuss Geisel (1904-1991) is een van die bekendste en mees vereerde kinderboekskrywers van ons tyd. Sy eenvoudige, maar briljante boeke vermaak al meer as vier generasies van ouers en kinders. Hy het meer as 44 boeke geskryf en geillustreer en selfs na sy dood, bly sy boeke kinders van alle ouderdomme vermaak en inspireer om ‘n liefde vir lees te ontwikkel.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.