Die marmerprinses

Jeanette Morton

Die Marmerprinses handel oor ’n tienerdogter, Wilmien, wat verlief raak op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux. Tussen die verlief-wees deur moet sy leer vir haar matriekeindeksamen, deadlines as redakteur van die skoolkoerant hanteer, en afreken met haar skateboarder-vriend en buurman, Chris, wat heimlik ook verlief op haar is. Al waaraan Wilmien kan dink is Paul le Roux, en die geur van sy naskeermiddel… Wat sal sy doen as sy ná die skool se Valentynsbal ’n boodskap op haar foon kry?: Wilmien, dis ek, Paul. Ek wou net sê jy het verskriklik mooi gelyk vanaand… Sal sy kan wegkom van die feit dat hy getroud is met kinders?

Oor die outeur:
Jeanette Morton is in Johannesburg gebore en het ’n BA (Ed) aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Na ’n paar jaar in die onderwys, maak sy ’n vinnige draai as kopieskrywer in die advertensiewêreld en word later redakteur van ’n besigheidstydskrif. Sy vryskut tans as skrywer en redigeerder en is veral betrokke by opvoedkundige publikasies. Die marmerprinses is haar debuut.

Uitgewer: Protea
Prys: R130-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.