Die Midasmoorde

Pieter Aspe
Vanuit Vlaams vertaal deur Daniel Hugo

Brugge word deur ’n reeks skynbaar losstaande misdade geteister … Tussen die persoonlike besittings van ’n vermoorde Duitse sakeman word ’n vreemde foto van die madonnabeeld van Michelangelo gevind. ’n Bom verniel ’n rukkie later die standbeeld van die digter Guido Gezelle.

Dit word ’n uiters moeilike opdrag vir kommissaris Pieter van In wat in hierdie warboel van misdade na die motiewe en oortreders moet soek. Wat het Michelangelo se madonna te doen met die naderende samesmelting van twee toeroperateurs? Wat is die verband tussen ’n onopgeloste bomaanval in 1967 en die skat van die Nibelungen? Die waarheid agter dié feite is gruweliker as wat enigeen kon vermoed.

Pieter Aspe is die gewildste misdaadskrywer in Vlaandere en Nederland. Die Midasmoorde is die tweede boek van die indrukwekkende en spannende reeks Pieter van In-misdaadverhale wat ook verwerk is tot ’n televisiereeks. Die vierkant van die wraak was die eerste in die reeks. Aspe het al meer as 1,5 miljoen boeke in België en Nederland verkoop.

Oor die outeur
Pieter Aspe is die gewildste misdaadskrywer in Vlaandere en Nederland. “Die vierkant van die wraak” is die eerste boek van ‘n indrukwekkende en spannende reeks boeke wat intussen ook verwerk is tot etlike televisiereekse. In 2001 ontvang hy die Hercule Poirot-prys vir een van sy boeke, “Zoenoffer”, en in 2002 die tydskrif Humo se Gouden Bladwijzer-toekenning. Hy het al meer as 1,5 miljoen boeke in België en Nederland verkoop.

Uitgewer: Lapa
Prys: R150,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.