Die naaimasjien

Hierdie eenvrouvertoning lei ons met deernis, humor en wysheid deur die lewe van die 81-jarige Magdaleen, op die dag waarop haar geliefde naaimasjien verkoop word. In haar ouetehuiskamer maak Magdaleen seker Miss Muffet, soos sy haar Bernina noem, is skoon en al die ekstra gare, naalde en voetjies is netjies gepak vir die vrou wat die masjien kom haal. Tussen die skoonmakery en pakkery deur dink sy terug aan vervloë dae: dae van kouse met nate, melk wat in glasbottels afgelewer word, ’n kinderlewe op die plaas.

Vervleg hiermee herroep sy die wel en wee van haar gesin: haar man, Tielman, en haar vier kinders, insluitend Wim, haar oogappel. Ons word weereens herinner dat elke mens se lewe, ongeag hoe eenvoudig of ordinêr, ’n epiese gedig met universele temas van geluk, verlies en versoening is.

Oor die outeur:
Rachelle Greeff is ’n voltydse vryskutskrywer wat bydraes tot publikasies Sarie, Wynboer, De Kat en Mail & Guardian gelewer het. Sy was van 2006 tot 2010 Rapport se boekeredakteur. Rachelle behaal ’n MA vir Kreatiewe Skryfwerk onder die toesig van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad. Haar kortverhale is in verskeie antologieë beskikbaar en sommige van haar werk is in Duits, Engels, Nederlands en Deens vertaal.

Publikasies:
Die rugkant van die bruid, (kortverhale), 1990
Onwaarskynlike engele (kortverhale), 1993
Veerkrag (kortverhale), 1993
Al die windrigtings van my wêreld (roman), 1996
Net perfek (kinderboek)
Enebene en die ander, (kinderboek), 1996
Spektakels en mirakels (versameling van die skrywer se rubrieke), 1998
Merke van die nag (kortverhale), 2001
Hanna (roman), Tafelberg, 2002
’n Ma moet soms soek (storieboek, Graad 4), Kagiso, 2004
Palazzo van die laaste dans (kortverhale), Kwela Boeke, 2006
Alles behalwe die geheim van my whiskies (versameling van die skrywer se rubrieke uit Die Burger en Rapport), 2008
Sussie Veer is Dood en ander Verhale, Gr 10 – 12; (redakteur met Riana Scheepers ), Maskew Miller Longman, 2009

Uitgewer: Lapa
Prys: R130-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.