Die ongelooflike liggaam: ‘n opwip-en-uitvou boek

Richard Walker

Al ooit gehoor van ‘n boek met ‘n lewensgrootte mens binne-in?  Hier is dit!
Leer jou liggaam ken met hierdie fantastiese utvou-liggaam. Die flappies, opwip-dele en interessante beskrywings vertel jou alles omtrent die liggaam se stelsels en organe en hoe hulle werk. Ontdek die ongelooflike dinge wat onder jou vel aangaan, van hart tot harsings en van kop tot tone!

Die sluit ‘n verstommende lewensgrootte uitvou-en-opwip-plakkaat van die liggaam on. Twee gaatjies in die stewige hardeband omslag maak dit moontlik om die boek teem die muur op te hang om die lewensgrootte plakkaat mooi te bekyk. Die boeke is krimpverpak.

Oor die outeur:

Richard Walker, BSc, PhD, is redaksionele konsultant en skrywer van DK se Encyclopedia of the Human Body. Hy is oorspronklik opgelei as ‘n dierkundige, maar verwerf later sy PhD in Fisiologie en Biochemie. Hy is die skrywer van verskeie menslike biologie boeke en titels oor gesondheid en die wetenskap.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.