Die Otters in die Okavango-moeras

Cor Dirks

Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.

Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer. Sal die seuns op mopaniewurms oorleef? En sal hulle ooit by Moremi uitkom?

Die Otters is ’n gewilde reeks wat na ’n afwesigheid van 20 jaar – en vele versoeke – ’n nuwe baadjie aantrek. Die Otters in die Okavango-moeras is die agtste en laaste boek in Die Otters-reeks.

Oor die outeur:
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.