Die pad na ʼn laekoolhidraat dieet

my_low_carb_kombuis_layflat_3d

My Low Carb-Kombuis, uitgegee deur Quivertree Publikasies.

Ons onderskat ons kinders. Hulle hou van verskillende smake, kleure en teksture. So sê sjef en kosskrywer, Vickie de Beer, wat reeds 13 jaar betrokke is by die ontwikkeling van voedsame resepte. Haar boek, My low carb-kombuis, is gebore uit ʼn leefstylverandering vir haar gesin toe haar seun, Lucca, met tipe 1-diabetes gediagnoseer is. Ons het haar ʼn paar vrae oor een van die grootste vyande vir ons gesondheid gevra: suiker.

Is suiker regtig so sleg vir ons?

Ja. Suiker maak ons siek. Ons het nog nooit in die geskiedenis van die mensdom daagliks soveel suiker ingeneem nie. Onthou: verfynde, verwerkte koolhidrate soos rys, meel (bruin en wit), pasta, brood en aartappels word ook onmiddelik in die bloed na glukose omgeskakel. Dit reageer dieselfde as suiker in die bloed. Die konstante hoë inname van dié kosse en suiker veroorsaak verhoogde glukosevlakke in die bloed, wat lei tot verhoogde insulien- en leptienvlakke en uiteindelik insulien en leptienweerstandigheid. Dit kan lei tot tipe 2-diabetes en hartsiektes.

Hoekom het jy Low Carb Solution for Diabetics geskryf?

Ons seun, Lucca, is met tipe 1-diabetes gediagnoseer toe hy 8 jaar oud was. Hoewel ons alles gedoen het wat dokters en dieetkundiges vir ons voorgeskryf het (en sy gemiddelde bloedsuikervlakke goed was) kon ons nooit regtig die onstabiele hoë en laë suikers heeltemal onder beheer kry nie. Dit was wat Lucca permanent laat sleg voel het en ook soms angstig gemaak het.

Nadat ons verfynde, wit koolhidrate, wat suiker insluit, uit ons dieet gesny het, het Lucca se suiker baie meer stabiel geraak en het hy ook nie meer angs ervaar nie. Low Carb Solution for Diabetics vertel van ons pad, as gesin, na ʼn laekoolhidraatdieet. Dit verduidelik ook hoe om tipe 1 Diabetes te verstaan en beter te bestuur, deur baie praktiese raad wat ons deur die jare opgebou het.

Al ons gunsteling laekoolhidraat-resepte is in ook in die boek saamgevat. Kort op die hakke van LCSD het My Low carb kombuis verskyn. Hierdie boek is geskryf omdat soveel mense gevra het vir raad en resepte oor laekoolhidrate, maar aangesien hulle nie diabetes het nie, het hulle nie in LCSD belanggestel nie. Dit verduidelik ook hoekom suiker ons siek maak en vertel hoe die laekoolhidraatdieet die res van ons gesin bevoordeel het. Ons het intussen ook weer ʼn hele klomp nuwe resepte uitprobeer, wat saam met ou staatmakers in die boek saamgevat is.

lcsd_cover_web

Low Carb Solution for Diabetics vertel van die pad, as gesin, na ʼn laekoolhidraatdieet. Uitgegee deur Quivertree Publikasies.

Eenergievlakke

Baie suiker in die dieet veroorsaak onstabiele bloedsuiker. Na ʼn baie hoë suikervlak, val jou suikervlakke skielik en dit laat jou sleg en tam voel. Dit beinvloed jou energievlakke, produktiwiteit en konsentrasie. As jou kinders hul dag met ʼn bakkie graanvlokkies met suiker en ʼn vrugtesap begin, is die kanse baie groot dat hulle nog voor kortpouse moeg en vaak gaan voel. Dit beteken hulle kan nie na behore konsentreer in die klas nie. Dit kan ook lei tot ʼn hiperaktiewe kind en ʼn kind wat voorkom of asof hulle aan aandagafleibaarheid ly.

Kan suiker tipe 2-diabetes veroorsaak?

Ja, dit is die grootste oorsaak van tipe 2-diabetes. Jy moet eers ʼn genetiese geneigdheid hê vir diabetes, maar soos hier bo genoem, veroorsaak die konstante hoë inname van dié kosse en suiker verhoogde glukosevlakke in die bloed, wat lei tot verhoogde insulien en leptienvlakke en uiteindelik insulien- en leptienweerstandigheid, wat kan lei tot tipe 2-diabetes en hartsiektes.

Koswysheid

Almal moet koolhidraat- bewus raak. Jy, jou kinders en jou ouma kan eenvoudig net nie meer bekostig om elke dag, drie tot 4 keer per dag, verwerkte, verfynde koolhidrate en suikers te eet nie. Daar is baie wetenskaplike navorsing wat bewys dat dit nie net diabetes, ADD, ADHD, bloedvatsiektes en hartsiektes veroorsaak nie, maar dat verhoogde suikervlakke en daarmee saam, verhoogde insulienvlakke, ook met Alzheimer’s en dementia verbind word.

Kleur op die bord

Ons onderskat ons kinders – hulle hou van verskillende smake, kleure en teksture. Ons gee net te vinnig op. Sodra ʼn kind sê hulle hou nie van iets nie, bied ons dit net nie meer aan nie.

Gee vir jou kinders ʼn verskeidenheid groente op hul borde en hou aan om dit elke dag aan te bied. Jy hoef nie daaroor te baklei of eers ʼn opmerking daaroor te maak nie. Na twee weke sal jy sien hulle eet van alles. Ek probeer elke kleur op die bord sit:

  • Groen: broccoli of broccolini, groen boontjies, aspersies, spinasie, slaaiblare, avokado, murgpampoentjies
  • Oranje: wortelslaai, babaworteltjies (dis nie heeltemal lae koolhidrate nie), pampoen,
  • Rooi: tamaties, bessies
  • Geel: squash en mielies (min, want dit bevat baie stysel)
  • Pers: kool, rooi uie, eiervrug (ook min).
  • Suikerslimhappies vir kinders se kosblikkeVir die kosblik, pak proteïenhappies soos biltong, neute en droëwors in saam met korslose quiche, frikkadelle of lae koolhidraat-broodrolletjies. Pak water in, want sappe en gaskoeldranke bevat ongelooflik baie suiker.

Hier is een van Vickie se suikerslimhappies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Basson ·

Wel gedaan dankie!
Ons moet meer sien hiervan. Inligting oor die gevare van suiker (asook meel ens) word erg onderdruk deur ‘big sugar’ / ‘big pharma’ en kie.

SkarrelKind ·

Basson, ek stem saam. Daar is wonderlike artikels op die internet oor suiker, en hoe ons amper jaar vir jaar meer suiker inneem, sonder om eers daarvan bewus te wees. Suiker is nie net in koeldrank en in jou koffie nie, dit skuil in ‘n verfynde vorm in die meeste vewerkte produkte. Dis ontsellend as mens sien hoeveel suiker mens “onskuldiglik” per dag innneem. So ek is bly daar verskyn sulke artikels.

JANNIE ·

Prof Tim Noakes n groot voorstander van Lae-Koolhidrate, skryf dat ons onbewustelik verslaaf raak aan SUIKER!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.