‘Die pad na selfbestuur’: 1994 is verby

Flip Buys. (Argieffoto)

Ná 27 jaar is dit duidelik dat die ANC nie ’n land met so ’n groot moderne sektor suksesvol kan regeer nie.

So skryf Flip Buys in die sewende hoofstuk van sy boek Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur wat vandeesweek as deel van ’n reeks boekvoorlesings van hierdie boek bekendgestel word.

In hierdie hoofstuk klim Buys kaalvuis in oor die “aannames” van die 1994-skikking en beoordeel dan hierdie aannames aan die uiteindelike gevolge wat uitgespeel het. Buys skryf, onder meer: “Die ANC het by die grondwetlike onderhandelinge toegewings gemaak om die mag te kry, en het stelselmatig daardie mag gebruik om hul oorspronklike doelstellings te verwerklik. Die grondwetlike spanning tussen die vryheids- en sosio-ekonomiese gelykheidsbepalings word deur die ANC se “tweede radikale fase van transformasie” in die guns van sosialisme vertolk. Die ANC volg die ou Marxistiese resep dat “demokrasie die kortste pad na sosialisme” is. Daarvolgens word die politieke mag gebruik om die ekonomiese mag te bekom deur sosialistiese beleidsrigtings soos onteiening sonder vergoeding, gratis hoër onderwys, die beplanning van ’n onbekostigbare en onwerkbare Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), ’n omvattende welsynstelsel en skerp herverdelende belasting”

(Grafika: Verskaf)

“Voorts het die ANC se meesterverhaal oor die verlede die meesterverhaal van die land geword wat as grondslag vir beleidsbepaling vir die toekoms dien. Die kern hiervan is dat al die grootste probleme van die land deur apartheid veroorsaak is, en dat ’n omvattende omgekeerde regstelling moet plaasvind om die gevolge daarvan reg te stel. Hierdie meesterverhaal is ’n oorvereenvoudiging van die oorsake en oplossing vir armoede en ongelykheid,” skryf Buys.

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela-lesers kry spesiale afslag op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.