‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag

(Grafika: Verskaf)

Flip Buys lei die agtste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, in met die volgende stelling: “Die Boereleiers het teen die einde van die Anglo-Boereoorlog ’n uiterste laaste aanbod aan die Britte gemaak in ’n vergeefse poging om hul vryheid te behou en vrede te bewerkstellig. Hulle het aangebied dat die Britte die Witwatersrand se goudvelde kon kry in ruil vir die behoud van die republieke se onafhanklikheid. Die historikus Hermann Giliomee het die Boere se aanbod so treffend gestel: ‘Vat ons goud, maar los ons vryheid.’ Daarteenoor het Giliomee die Nasionale Party (NP)-regering se grondwetlike aanbod aan die ANC tydens die 1994-onderhandelinge opgesom as ‘vat ons vryheid, maar los net ons goud’.”

Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Buys trek gevolglik in hierdie hoofstuk van sy boek vergelykings tussen die uitkomste van die ANC-regering en die van ander historiese besettingsmagte om sy punt te illustreer. Staatsverval, vryheid, orde, veiligheid en ekonomiese verval tel onder die paar punte wat deur Buys uitgelig word.

Uiteindelik som Buys op dat talle Afrikaners tans voel dat hulle eerder onder die dwang van ʼn besettingsmag verkeer as wat hulle regeer word. Die gevolgtrekking wat Afrikaners egter hieruit kan maak, volgens Buys, is om nou die hoogste prioriteit aan voortbestaan te skenk.

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webbladbestel word. Maroela-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sambok ·

Selfbestuur,hulle kan nie eens n donkie kar bestuur nie-ga!!

Hendrik ·

Kom ons vergeet van hulle vir ‘n slag en kyk wat ons vir onsself kan doen. Tans sukkel selfregerende Afrikaner gebiede geldelik om die mas op te kom. Om groei te verseker moet nyweraars en besighede kom investeer in die gebied. Die mark en arbeid is naby want ons is net langs Pretoria

annie ·

En ten spyte van hierdie stryd waartydens duisende Afrikaners gesterf het, het leiers soos Botha en Smuts kort hierna omgespring verblind deur Britse bling en hul volk net so gedrop. En die droppings en aangehou… Ons moet ons leiers beter kies of is daar niemand standvastig meer… ‘n oog wat nie wyk…

Hendrik ·

Ons leier is goed maar die volgelinge is almal te slim vir hulself.

Objektief ·

Die sogenaamde “struggle” was net n “struggle” om die staatskas in die hande te kry en het niks met bevryding te doen gehad nie. Met die uitsondering van Botswana het die hele Afrika geskiedenis gewys waarheen ons op pad is.

Die ANC glo hulle het deur n revolusie aan bewind gekom en tree nou so op maar militer was hulle die swakste bevrydings beweging ooit..

Enige ANC suksesse is net die uitvloeing van inisiatiewe wat voor 1994 begin is. Vergelyk die ontwikkeling van die land van 1948 tot 1975 (27 jaar) met die verval van die land van 1994 tot hede (27 jaar). Ons het van die 15de grootste ekonomie geval tot 35 ste. Vergelyk die ontwikkeling van ESKOM, SASOL, Denel ens met wat dit vandag is.

Wiehan ·

James, ek stem saam met jou. Totale selfbeskikking is al wat gaan werk. Capexit is besig om 1,6mil Handtekeninge te kry om ‘n referendum in die Weskaap vir onafhanklikheid af te forseer. Laas week het hul die 800,000 merk oorgeslaan. Ek kyk nou op hul web-werf, dit staan nou op 807,732. Dis al uitweg wt ons gaan he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.