‘Die pad na selfbestuur’: Bevolkingsriviere

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

In die 23ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, beskryf Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, die gesprek wat hy onlangs met ʼn jong vlieënier gehad het oor die realiteite wat dié vanuit die lug op die Afrika-kontinent sien afspeel. Hulle bespreek ook wat dit moontlik vir die toekoms van Suid-Afrika kan beteken.

Buys gebruik hierdie interaksie om die aard van bevolkingskuiwe en die redes wat daartoe lei, uiteen te sit, asook om uit te stip wat dit vir Afrikaners se toekoms inhou.

Hy skryf tereg: “Die ou bedeling het vir meer as twee dekades tevergeefs probeer om bevolkingsbewegings met staatsmag te keer. Demografiese bewegings laat hulle nie deur politieke en juridiese maatreëls stopsit nie.”

(Grafika: Verskaf)

Dit is ook vandag nog waar, met menigte bevolkingskuiwe wat daartoe aanleiding gegee het dat Afrikaners dikwels na voorstede, private leefstyldorpe en ander private instellings trek.

Met hierdie insig skryf Buys dus dat die bevolkingswerklikhede van die land die beginpunt van toekomsbeplanning moet wees. Hy redeneer dus voorts dat demografie gesien moet word as die toekoms wat reeds gebeur het: “Uiteindelik is demografiese oplossings egter die enigste blywende antwoord vir demografiese omwentelings. Westerlinge sal vroeër of later uit die vloei van demografiese riviere moet kom.”

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van hierdie hoofstuk.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Ek vind hierdie baie interessant en hoop meer organisasies en politieke partye wil betrokke raak en die konsep dryf.

Duskolos

Die probleem met bevolkingsriviere is dat hulle nie staties is nie, hulle verander hulle loop voortdurend. Dit maak dit nogal moeilik om uit hulle vloei te kom. Hulle volg jou soos ‘n slang agter ‘n muis aan. Ek kyk Olimpiese Spele op die TV. Dis baie interessant hoeveel deelnemers uit lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk, België, Nederland en Duitsland nie lyk soos die tipiese Europeërs van 50 jaar gelede nie. Hou dit verband daarmee dat dit juis hierdie lande is wat destyds ‘n sterk teenwoordigheid in Afrika en elders gehandhaaf het? Ten spyte van die wrewel wat kolonisasie meegebring… Lees meer »

Hendrik

Die oplossings wat ons moet nastreef moet verskillende wees as die res van Afrika anders gaan Suid-Afrika dieselfde pad as die res van Afrika. Op die oomblik is daar net die twee enklawes in Suid-Afrika en dit moet ontwikkel word deur investering asook migrasie. Nyweraars ons wag vir julle investering en en mense wat self iets wil doen.

annie

Elke 9 minute kom ‘n migrant in ons land aan vir ‘gee vir my’. Sedert 1910 het die swart bevolkingsgetalle in SA feitlik loodreg opgeskiet teenoor die blankes se plat kurwe. Die ANC het in die jare toet al die waarde van onbeheersde bevolkingsgroei ingesien tov human rights. Geboortebeperking word soos duiwelsdrek bejeën in Afrika. Die Weste se gewetens is reeds ingebed vol van gewetenswroegings oor Afrika se onbeheerste spel met voortplantingsregte: Ek moet my gesin beperk maar jy hoef nie. Ek móét vir jou sorg.

Kanjynoumeer

Ja, vir enklawes/enclave.
Die woord word reeds gebruik en niemand het nog negatiewe kommentaar gelewer nie.
Dit is alreeds positief.
Woorde soos afstig klink sommer alweer soos apartheid, eenkant of op ons eie. Nee, vir die woord afstig.
Enklawes is goed en wel, maar wat ek graag wil weet is wat ons kan doen om nie inkomste belasting te betaal aan n vervalle staat nie?