‘Die pad na selfbestuur’: Daar is altyd ’n toekoms

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

Flip Buys skryf in die aanvang van die tweede hoofstuk van sy boek Die pad na selfbestuur dat Suid-Afrika nie tans op ’n goeie plek is nie. Ons almal weet dit. Die politiek is deurmekaar, die ekonomie pap, misdaad vier hoogty, protesoptogte ontwrig die land, en die staat verval stuk-stuk. Buys skryf: “Die prentjie lyk vir baie mense donker, en talle wonder of daar nog vir hulle ’n toekoms in Suid-Afrika is”.

Buys volg egter in hierdie hoofstuk van sy boek die Britse staatsman Winston Churchill se raad wat gesê het dat hoe verder jy in die toekoms wil sien, hoe verder moet jy in die verlede terugkyk. Buys pak dan die omwentelings en veranderinge wat die wêreld en Suid-Afrika die afgelope 200 jaar of wat ervaar het om te probeer wysraak wat die lesse is wat Afrikaners daaruit kan leer.

(Grafika: Verskaf)

Uiteindelik kom Buys by die slotsom uit dat die verlede ons wys dat daar altyd ’n toekoms is. Dit is dus die grondslag waarop Buys sy hele filosofie bou: “Die grootste uitdaging vir Afrikaners is om hul oorspronklike politieke verbeelding in te span en verby die huidige werklikheid ’n nuwe toekoms raak te sien. Afrikaners kan self hul toekoms bepaal deur die skep van sterk organisasies en aktiewe deelname aan die vorming van ’n toekoms gekenmerk deur vryheid, veiligheid en voorspoed. Die enigste voorspelbare toekoms is een wat self gebou word.”

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela-lesers kry spesiale afslag op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Hiers my lesse uit die geskiedenis:Toe die verregse AWB in die 1980s van selfbeskikking en volkstaat gepraat het, het die regerende Nasionale Party gesê dis rassisme EN die regse Konserwatiewe Party en ewe regse Herstigte Nasionale Party (dié 2 partye kon om duistere redes nooit saamwerk nie) het weer bloot gesê “ ‘n volkstaat kan nie werk nie”. In 1991, toe almal al geweet het dat die ontbande ANC ‘n veelrassige verkiesing sou wen, het net 60 mense darem Orania gestig, maar na amper 30 jaar bly daar minder as 2000 mense, wat in 8 kerke verdeel is. Amper 1… Lees meer »

Jan

Jaco, dan moet ons maar ophou grafte grawe en eerder fondamente grawe en iets begin bou. Dit hang af hoe jy die glas sien, half leeg of half vol. Kom ons begin die glas sien as half vol en begin iets doen om die glas vol te kry. Dit help nie ons moan en moan en moan die hele tyd nie.

annie

Ongelukkig is daar nie soiets soos self-bestuur nie, nèrens op aarde nie. Unies, organisasies, klubs of geheime selle is so oud soos die berge en gaan so bly tot aan die eindtyd. Soos dinge nou in SA staan, sal ons voortploeter en elke groep sy stemmetjie dik maak vir die hoop en wense van sy lede. Welsynswerk vir volk en vaderland is ten beste wat gedoen kan word sonder teenstand. Orania word net geduld juis omdat dit die ANC nie troef nie. Selfs getroue ANC-lede kan nie eens eise aan die bestuur stel nie.