‘Die pad na selfbestuur’: Die Grieke, Romeine en Afrikaners

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Die yl verspreiding van Afrikaners oor die land is al deur Buys in vroeëre hoofstukke van dié boek uitgelig as die grootste krisis wat Afrikaners vandag in die gesig staar.

Buys stel in hierdie hoofstuk dat, indien Afrikaners eerlik is oor die krisisse wat hulle in die gesig staar, hulle regmatig sal kan opstaan:

“’n Volk se eerlike selfbeoordeling is noodsaaklik in die oorkoming van krisisse. ’n Eerlike, onpartydige beoordeling van die Afrikaner is daarom van kardinale belang en moet die groep se positiewe en negatiewe eienskappe kan identifiseer.”

(Grafika: Verskaf)

Buys kyk verder in hierdie hoofstuk na die bestaansvraagstukke wat die Afrikaner al oorwin en suksesvol hanteer het en wys dan daarop dat ’n mens deur na die geskiedenis van die Afrikaner te kyk, nie anders kan as om te besef dat die Afrikaner oor die vermoë beskik om dit wel te vermag.

Buys stel hierdie siening dan uiteindelik in ’n breër konteks: “Die geskiedenis het al getoon dat daar baie oorsake vir die val van volke en ryke is. Terselfdertyd wys die geskiedenis ook dat volke wat hul bestaansuitdaging bepaal, verantwoordelikheid vir die oplossing aanvaar en vindingryk optree om dit op te los, dié uitdagings wel kan oorkom. Afrikaners hoef nie geduldig, gedienstig en gedwee onder die golwe van die geskiedenis te verdwyn nie. Herlewing ís moontlik.”

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela-lesers kry spesiale afslag op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.